KAMCHATKA, RUSLAND. – ‘n Aardbewing van 7.8 op die Richterskaal het vanoggend Kamchatka in Rusland getref. ‘n Tsoenami-waarskuwing is vir die gebied en so ver as Alaska uitgereik, maar is intussen gekanselleer.
Lees ook: Aardbewing van 7.4 tref Rusland
Owerhede het gesê golwe van 30 en 62 cm is langs die Kamchatka-kus ná die aardbewing aangemeld. Goewerneur Wladimir Solodov het gesê alle nooddienste is in ‘n staat van gereedheid, maar dat nog geen skade aangemeld is nie.
Naskokke van tot 5.8 is aangemeld.
Bronne: The Independent, USA Today, Newsweek
Lees ook: Aardbewing van 7.4 tref Rusland
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: