GAUTENG. – ‘n Aardskudding is ongeveer 2 uur gelede sowat 7.2 km suid van Carletonville gevoel. Suid-Afrika het inderdaad twee aardskuddings binne die laaste 24 uur en nog een op 19 Februarie ervaar.
Volgens Volcano Discovery het die laaste skudding 3.0 op die Richterskaal gemeet en was ongeveer 10 km. diep. Die vorige skudding, met ‘n meting van 3.1, is sowat 8 uur gelede 14 km suidoos van Carletonville gevoel

Sedert die begin van die jaar het Suid-Afrika 17 aangetekende aardbewings gehad, waarvan een sterker as 4 op die Richterskaal gemeet het en altesaam 16 wat tussen 3 en 4 was.





