Brekende Nuus
Afrikaans

Aasvoëls verdrink in Stutterheim-reservoir

VulPro sê die spesie se getalle is reeds kommerwekkend.

Aasvoëls verdrink in Stutterheim. Foto's: VulPro
Aasvoëls verdrink in Stutterheim. Foto's: VulPro

STUTTERHEIM, OOS-KAAP. – Twaalf Kaapse aasvoëls het verlede week in ’n reservoir op Stutterheim verdrink.

Volgens VulPro, ’n nie-winsgewende bewaringsorganisasie, het die aasvoëls na bewering in die reservoir gaan water drink en swem toe hulle geen manier kon vind om weer uit te kom nie.

VulPro sê die spesie se getalle is reeds kommerwekkend, dus beklemtoon die voorval net weer die uitdagings wat hulle in die gesig staar.

Die grondeienaar van die gebied waar die reservoir is, is aangeraai om ’n boomstomp in die reservoir te sit om sodoende diere en aasvoëls in die toekoms te help om uit die water te kom. Besprekings is ook onderweg oor die moontlike bedekking van die reservoir.

Bron: VulPro