Ace Magashule se voormalige persoonlike assistent deur VSA uitgelewer

Lees ook :

Foto: MDN News

VRYSTAAT. – Moroadi Cholota (37), die voormalige persoonlike assistent van Ace Magashule, die voormalige premier van die Vrystaat, is deur die VSA aan SA uitgelewer, deur die Valke ontvang en is in aanhouding.

Kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke en Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê in ‘n gesamentlike verklaring die uitleweringsooreenkoms is op 31 Julie deur die VSA goedgekeur.

Dit was ‘n lang proses waarby Interpol betrokke was. Cholota het Donderdag op ORTIA aangekom en sal Maandag op aanklagte van beweerde misdade wat met ‘n R225 m.-asbeskontrak gepleeg is, in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Na bewering het die Vrystaatse departement van menslike nedersettings sonder om behoorlike verkrygingsprosesse te volg ‘n kontrak aan sakeman Edwin Sodi se Blackhead Consulting (Edms) Bpk. en Diamond Hill Trading, toegeken.

Intussen het Sodi, Magashule, Ntimose Mokhesi en Sarah Mlamleli saam met nog beskuldigdes op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die wet op openbare finansiële bestuur in die hof verskyn.

Altesaam 18 beskuldigdes, wat vyf besighede insluit, sal vanaf 15 April tot 23 Junie 2025 in die hooggeregshof in Bloemfontein vir hulle vehoor voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief