Action SA-politikus en kollega veilig na kaping en ontvoering

Lees ook :

Foto: Action SA

GAUTENG. – ‘n Politikus van Action SA en ‘n vroulike kollega is gisteraand net voor middernag na ‘n kaping en ontvoering in Olievenhoutbosch, Pretoria veilig met hulle families herenig.

Action SA het gisteraand gesê Funzi Ngobeni, die Gautengse provinsiale voorsitter, en Hluphi Gafane, die voorsitter van die jeugforum, was die slagoffers van ‘n kaping en ontvoering. Daar is gevra om ‘n foto van die voertuig vir die doeleindes van die soektog te versprei. Na die opsporing van die twee persone het die politieke party gevra hulle moet privaat tyd met hulle families gegun word.

Brig. Brenda Muridili sê die slagoffers is omstreeks 20:00 gekaap en ontvoer. Hulle is veilig in Benoni gevind.

Olievenhoutbosch-polisie het ‘n klagte ontvang en het dadelik die nodige rolspelers gemobiliseer. Die polisie se opsporingspan, georganiseerde misdaadondersoek, Matrix-voertuigopsporingsmaatskappy, sowel as ‘n Netstar-helikopter, is ingespan.

Die slagoffers is na bewering gekaap en in hulle Toyota Hilux gedwing. Hulle is in Benoni afgelaai.

Die voertuig en verdagtes word nog gesoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief