Brekende Nuus
Afrikaans

MK-partylid in Durban doodgeskiet

MK-partylid doodgeskiet in Durban

fotokrediet: Canva
MK-partylid doodgeskiet in Durban fotokrediet: Canva

Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir moorde op MK-partylede

CATO MANOR, DURBAN. – ‘n Man is naby sy kind se crèche in Durban doodgeskiet.

Die polisie het die man as Mxolisi Zungu, ‘n lid van die MK-party, geïdentifiseer. Zungu is glo met sy eie vuurwapen tydens ‘n beweerde rooftog doodgeskiet.

Volgens eNCA het hy en sy vrou hulle kind by die crèche afgelaai en geloop toe hy van agter af geskiet is.

Die MK-party het hulle kommer uitgespreek oor Zungu se dood, want hy was ‘n verkiesingorganiseerder in ‘n wyk. Hy is ook die derde MK-party lid wat onlangs dood is.

Volgens die polisie is hy in ‘n roof dood en was dit nie ‘n politieke moord nie.

Bronne: IOL, Briefly, TimesLIVE

Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir moorde op MK-partylede