Afgekapte hande van man gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Die afgekapte hande van ‘n slagoffer (30) is Maandagmiddag deur die polisie op die misdaadtoneel in Vosman gekry.

Kol. Donald Mdhluli sê die afgekapte hande is deur ‘n span ondersoekers op die toneel gevind.

Die slagoffer is op 20 Maart deur ‘n groep van ses verdagtes aangeval waartydens sy hande met ‘n panga afgekap is.

Die ondersoek duur voort en enigiemand met inligting word versoek om speur.lt.kol. Muntu Mbatha by 082 600 8537 te bel.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

‘n Man (30) het oorleef nadat beide sy hande op Woensdagoggend 20 Maart deur ‘n groep onbekende verdagtes afgekap is.

Kol. Donald Mdhluli sê die slagoffer het op die Kromdraaipad in Vosman naby Witbank (Emalahleni) geloop toe ‘n groen Opel Corsa-bakkie met die verdagtes hom oorval het. Hy is na bewering met ‘n wapen gedreig en in die bakkie gedwing, waarna sy hande en voete vasgebind is.

Volgens die slagoffer het hy nie die verdagtes se taal verstaan nie, maar hy kon wel agterkom dat hulle van plan is om hom dood te maak. Hulle het na bosse gery en uit die bakkie geklim waar sy hande afgekap is. Die verdagtes het met die afgekapte hande van die slagoffer weggery en hom agtergelaat.

Mdhluli sê sekuritetisbeamptes het op die slagoffer afgekom en die polisie sowel as nooddienste ontbied. Hy is vir mediese hulp na ‘n hospitaal geneem waar hy opgeneem is.

Die polisie het ‘n saak van poging tot moord oopgemaak en soek na die verdagtes.

Enigiemand met inligting word deur die polisie versoek om speur.lt.kol. Muntu Mbatha by 082 600 8537 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief