ITALIЁ. – Honderde passasiers was gestrand – en honger – nadat ’n afleweringstrok wat op pad was om maaltye af te lewer met ’n Boeing-vliegtuig op ’n lughawe in Italië gebots.
Lees ook: Sowat 18 beseer toe Delta-vliegtuig omslaan met landing
Die afleweringstrok met kos vir die vlug het teen die Boeing 777 vasgery terwyl die vliegtuig verlede week by die Malpensa Internasionale Lughawe in Milaan gestaan het om brandstof in te neem.
Niemand is beseer nie, maar die vlug is weens skade aan die vliegtuig gekanselleer. Daar was ’n groot gat naby die stert van die vliegtuig, met ‘n skeur aan die onderkant van die tuig.
Die voorval sal ondersoek word.
🚨 March 5, 2025 | Milan, Italy: A LATAM Boeing 777 (Reg. PT-MUE) suffered significant damage after being hit by a catering truck while parked at Malpensa Airport (MXP). Thankfully, no injuries were reported.
— AirNav Radar (@AirNavRadar) March 6, 2025
📷 More details via @OnDisasters. #aviation #incident pic.twitter.com/wBOLwDQdrp
Bronne: Daily Mail, AIRLIVE, X
Lees ook: Sowat 18 beseer toe Delta-vliegtuig omslaan met landing





