OOS-KAAP. – ‘n Afpers-blitslyn (Extortion Hotline), 082 387 1561, is Vrydag in die OR Tambo-distrik van die provinsie geloods.
Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê die blitslyn is deur lt.genl. Nomthetheleli Mene, die provinsiale kommissaris, bekend gestel.
“Dit volg ná ‘n hulproepe deur verskeie gemeenskappe oor misdade van afpersing, veral in die OR Tambo- en Nelson Mandelabaai-polisiëringsgebiede.”
Mawisa sê daar is opgemerk gemeenskappe rapporteer weens vrees vir hulle lewens nie afpersing by die polisie nie. Dit is die rede vir die instel van die nommer, waarby insidente van afpersing aangemeld kan word.
Die polisie moedig die gemeenskap aan om misdade van afpersing by die blitslyn te rapporteer.
Inbellers kan anoniem bly.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: