AfriForum ontplooi gemeenskapsveiligheidstrukture op Groblersdal te midde van ‘toenemende spanning’

AfriForum is in gesprek met die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en sal verseker dat die organisasie se teenwoordigheid hier, binne die raamwerk van die wet, ’n stabiliserende uitwerking het....

AfriForum ontplooi gemeenskapsveiligheidstrukture in Groblersdal te midde van toenemende spanning
AfriForum ontplooi gemeenskapsveiligheidstrukture in Groblersdal te midde van toenemende spanning fotokrediet: Canva

*PERSVERKLARING

Die burgerregteorganisasie AfriForum is bewus van ’n groot byeenkoms wat deur politieke partye in Groblersdal beplan word, terwyl die hofsaak van ’n pa en seun wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n veiligheidswag na bewering aangerand het, hier in die hof voortgesit word.

Volgens Llewelynn Hemmens, AfriForum se hoof van Veiligheid vir die Noordstreek, is die organisasie se gemeenskapsveiligheidstrukture reeds in Groblersdal om die veiligheid van die gemeenskap te verseker en om moontlike teikens soos skole en aftreeoorde, en kwesbare gemeenskapslede te midde van die toenemende spanning te beskerm.

AfriForum is in gesprek met die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en sal verseker dat die organisasie se teenwoordigheid hier, binne die raamwerk van die wet, ’n stabiliserende uitwerking het.

“AfriForum se prioriteit is om die Groblersdal-gemeenskap te beveilig teen enige groep wat poog om chaos te veroorsaak of spanning verder te laat eskaleer,” sluit Hemmens af.

AfriForum sal sy lede en die publiek op die hoogte hou van verwikkelinge. Nuwe inligting sal, soos wat die situasie ontvou, beskikbaar gestel word op AfriForum se sosialemediaplatforms.

*PERSVERKLARING

Lees ook: Groblersdal-saak weer uitgestel

ACSA sê oor brandstoftekort op lughawens

KYK: Water uit ‘n toilet as ‘gesuiwerde water’ verkoop

As dit nie jy kan wees, soek ek niemand anders nie…

Een sterf en een kritiek toe voertuig tydens ongeluk rol

Powerball uitslae vir 12 April 2024

Perd herstel goed na slangbyt

Koeëlvaste speelpark vir Kaapse Vlakte voorgestel

Kyk: Dirk van der Westhuizen stel nuwe lied vry

Het jy die reënboogwolke bo Mosselbaai gesien?

Só lyk jou weer vir die naweek