‘Afrikaans is 100 jaar Groot’ gaan Kaapstad toe

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Afrikaans is Groot

WES-KAAP. – Die Kaap het gevra en AIG het geluister. Op 20 September kan jy na jou gunstelingsangers by die Afrikaans is 100 jaar Groot-konsert by die DHL-stadion in Kaapstad gaan kyk en luister.

“Een historiese konsert! Een onvergeetlike aand! Want Afrikaans is ’n 100 jaar GROOT.”

Musiekaanhangers kan uitsien na optredes van kunstenaars soos Laurika Rauch, APPEL, Francois van Coke, Bok van Blerk, Juanita du Plessis, Riaan Benade, Emo Adams, Riana Nel, Kurt Darren, Tarryn Lamb, Early B, Ricus Nel, Karlien van Jaarsveld, Dodo Nyoka, Elvis Blue, Refentse, Bernice West, Ruhan Du Toit, Jay du Plessis, Talitha, Aidam-John Zekoe en Andrea Fortuin.

Kaartjies is vanaf 8 Mei om 10:00 eksklusief op iTickets beskikbaar.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief