Brekende Nuus
Tuis

Aftreeoord-moord, man gee homself oor aan polisie

Nuusflits het vroeër berig Rossouw se hande was gebind en daar was ‘n mus in haar mond gedruk.

MPUMALANGA. – Die verdagte in die moord op Johanna Rossouw (86) het homself gister aan die polisie oorgee. Die oorledene is met 31 steekwonde in haar kamer in Eden Park-aftreeoord, Witbank, gevind.

Die man is deur die polisie in hegtenis geneem. Geen verdere inligting oor die verdagte is al bekendgemaak nie. Nuusflits het vroeër berig Rossouw se hande was vasgebind en daar was ‘n mus in haar mond gedruk.

Volg Nuusflits hier vir die nuutste nuus.