Agnes Setshwantsho-saak na hooggeregshof geskuif

Lees ook :

Agnes Setshwantsho-saak na hooggeregshof geskuif
Agnes Setshwantsho-saak na hooggeregshof geskuif fotokrediet: X

Lees ook: Vermeende moordenaar Agnes Setshwantsho weer in die hof

MAHIKENG. – Die saak teen Agnes Segomotsi Setshwantsho is na die Noord-Wes-hooggeregshof geskuif.

Setshwantsho word van moord, bedrog en regsverydeling aangekla. Sy word van die moord op haar niggie vir lewensversekeringgeld beskuldig.

Setshwantsho is ook aangekla van die moord op haar seun, vir wie sy ook lewensversekering gehad het. Haar man se liggaam is ook opgegrawe en die dood van haar dogters en broer word ondersoek.

Setshwantsho het lewensversekering op minstens 40 lede van haar familie gehad. Dit is moontlik dat sy oor die jare geld van 58 verskeie polisse gekry het.

Die saak is tot 22 Julie uitgestel.

Bronne: IOL, The Citizen, News365

Lees ook: Vermeende moordenaar Agnes Setshwantsho weer in die hof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief