Agnes Setshwantsho van nog ’n moord aangekla

Lees ook :

Agnes Setshwantsho aangekla van nog ’n moord
Agnes Setshwantsho aangekla van nog ’n moord fotokrediet: X

Lees ook: Agnes Setshwantsho bly in die tronk, geen borg

KURUMAN. – Agnes Setshwantsho het verlede week in die Kuruman-landdroshof verskyn waar sy van nog ’n moord en bedrog aangekla is.

Setshwantsho is formeel aangekla van die moord op haar seun, Kutlo Setshwantsho. Sy het sy lewe in 2023 vir R6 miljoen verseker. Setshwantsho het hom glo ’n hamburger vol gif gegee toe hulle na Kaapstad gereis het waar hy studeer het.

Sy word ook aangekla van die moord op haar niggie op Mahikeng.

Die polisie ondersoek nog die dood van haar man, haar broer en haar twee dogters.

Sy sal weer op 12 Maart in die hof verskyn.

Bronne: OFM, Algoa FM, Briefly

Lees ook: Agnes Setshwantsho bly in die tronk, geen borg

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief