BRASILIЁ. – Agt mense is gister oorlede en 13 mense is beseer nadat ’n lugballon in Brasilië aan die brand geraak het en neergestort het.
Lees ook: ‘As jy die oorlog begin, sal ons dit klaarmaak’ sê Iran oor Amerikaanse bomaanvalle
Die lugballon het in Santa Catarina aan die brand geraak terwyl dit in die lug was.
Plaaslike media het berig vier mense het in die mandjie van die lugballon doodgebrand en vier is dood nadat die ballon geval het.
’n Ondersoek is aan die gang en die uitslae sal binne 30 dae aan die publiek bekend gemaak word.
Bronne: The Independent, BBC, ECR
Lees ook: ‘As jy die oorlog begin, sal ons dit klaarmaak’ sê Iran oor Amerikaanse bomaanvalle





