Agt kerkgangers, ‘n kind ingesluit, sterf toe bus teen wal afrol

Lees ook :

Foto's: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – Agt persone het gesterf toe ‘n bus met meer as 80 kerkgangers Sondagmiddag teen ‘n steil wal op die N2 tussen Mandein-tolplaza en die Tugelarivier afgerol het.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue het die ongeluk as gruwelik beskryf en sê om 16:00 het dié diens een van daardie gevreesde oproepe ontvang oor mense wat oral lê nadat ‘n bus teen ‘n wal afgery het. Met aankoms op die toneel is die wrak van die 82-sitplek-bus aangetref. Verskeie kinders was onder die beseerdes.

Addisionele hulp is ontbied en selfs paramedici wat van diens was, is na die toneel. ‘n Triage is opgestel om beseerde insittendes te help terwyl die kritiek beseerdes gestabiliseer is en hospitale en klinieke wat hulle kon ontvang, is geïdentifiseer. 12 kritiek beseerde insittendes moes met ‘n tousisteem na die padoppervlak gebring word, waar ambulanse op hulle gewag het. Ten minste 80 insittendes van die bus, gering tot kritiek beseer, is na verskeie fasiliteite vervoer. Agt insittendes, onder andere ‘n jong kind, is op die toneel dood verklaar. Verskeie insittendes het hospitaalbehandeling geweier.

Meyrick het gistermiddag gesê die tipe toneel het spanwerk vereis. Die hele deel van die N2 waar die ongeluk gebeur het, moes vir verkeer in beide rigtings gesluit word.

Al die dienste wat op die toneel teenwoordig was en diens gelewer het, is bedank, selfs die gemeenskap en verbygaande motoriste wat troos gebied en dienste gelewer het soos om beseerdes te help dra. Drie Duitse toeriste, insluitend ‘n dokter, het ook gehelp tot die toneel opgeruim is. Die dokter het selfs haar pasiënt in ‘n ambulans tot by die hospitaal vergesel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief