Agt persone doodgeskiet, nog drie in hospitaal

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Agt persone het gesterf en nog drie is in die hospitaal opgeneem nadat daar Saterdagoggend omstreeks 04:00 in Pienaar, Mpumalanga, op hulle geskiet is.

Brig. Donald Mdhluli en lt.kol. Jabu Ndubane sê die polisie ondersoek die motief van die insident waartydens aanvanklik vyf mans en een vrou op die toneel doodgeskiet is. Nog ‘n man en ‘n vrou het later in ‘n hospitaal aan beserings gesterf. Buiten die sterftes is twee mans en ‘n vrou vir mediese behandeling in ‘n hospitaal opgeneem.

Twee VW Polo-voertuie met koeëlgate, liggame op die grond en ‘n oorledene in ‘n voertuig is op die toneel aangetref.

‘n 72-uur-aksieplan is in werking gestel om die insident te ondersoek en die skuldiges op te spoor.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief