Agt verdagtes in hof ná moorde in Tuinroete-distrik

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – Agt verdagtes is in hegtenis geneem in verband met drie afsonderlike moorde in die Tuinroete-distrik en sal binnekort in verskillende howe voorkom.

Sers. Christopher Spies, Tuinroete-woordvoerder, sê in ‘n verklaring beamptes van Pacaltsdorp-polisiestasie het Saterdag omstreeks 05:20 op ‘n voorval in Voëlnesvaringstraat, New Dawn Park, Pacaltsdorp gereageer. Die liggaam van ’n man (25) met ’n steekwond in die bors is op die toneel aangetref. Hy is deur paramedici dood verklaar. ’n Verdagte (26) is in hegtenis geneem en het vandag (Maandag) in die George-landdroshof verskyn.

In ’n afsonderlike voorval is polisiebeamptes Sondag omstreeks 01:30 na Ted Brownstraat, Kranshoek, buite Plettenbergbaai ontbied waar ’n man ineengestort het. Hy is met ’n steekwond in die bors aangetref en deur mediese personeel dood verklaar. ‘n Vroulike verdagte (26) van die omgewing is deur lede van die Kwanokuthula-polisiestasie op ‘n aanklag van moord in hegtenis geneem en bly in aanhouding. Sy sal gedurende die week in die Plettenbergbaai-landdroshof voorkom.

Intussen het ’n opsporingsoperasie deur Riversdal-polisie en George openbare orde-polisie gelei tot die inhegtenisneming van ses verdagtes tussen 19 en 26 jaar. Hulle word verbind met die dood van Lourens Ntozini (30), wat op 4 April 2025 in Varkiestraat, Riversdal, met veelvuldige beserings aangetref is. Hy is na die George- provinsiale hospitaal geneem waar hy later dood verklaar is. ’n Verdagte wat reeds in aanhouding was oor ’n ander saak, sal saam met die groep in die Riversdal-landdroshof verskyn. Dit bring die totaal verdagtes in die saak op sewe te staan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief