Agt verdagtes vir beweerde roof vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – Polisielede van Taung en Bloemhof het Donderdag en Vrydag tydens twee afsonderlike voorvalle altesaam agt verdagtes vir beweerde sakeroof in hegtenis geneem.

Brig. Sabata Mokgwabone sê die polisie het Donderdag ‘n klagte van ‘n roof by ‘n supermark in Veertien-woonbuurt ontvang. Na bewering het vyf gewapende mans met klapmusse met ‘n onbekende bedrag geld en sigarette van die toneel in ‘n wit Renault en silwer VW Polo gevlug. Die voertuie is opgemerk en ‘n jaagtog en oor-en-weer-skietery het ontstaan. Die een verdagte voertuig het met ‘n pap band tot stilstand gekom terwyl die ander een omgeslaan het toe die bestuurder beheer verloor het. Drie verdagtes, onderskeidelik 30, 37 en 47 jaar oud, is onder meer vir klagtes van besigheidsroof, poging tot moord, asook die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem.

Tydens ‘n onverwante voorval in Boitumelong het lede van Bloemhof se sigbare polisiëringseenheid Vrydagaand vyf verdagtes in hegtenis geneem. Lede is tydens patrollie van ‘n sakeroof ingelig. Die verdagte voertuig is opgemerk en genader. Twee van die verdagtes het glo probeer vlug, maar lede van die gemeenskap het dit onmoontlik gemaak en al vyf is in hegtenis geneem. Met die deursoeking van die voertuig is 120 vals R200-geldnote en nog kontant ter waarde van R1 400 gevind. Twee Zimbabwiese burgers, onderskeidelik 36 en 35 jaar oud, sal Maandag saam met nog verdagte mans, 34 en 32 jaar oud, en ‘n vrou, 22 jaar oud, op aanklagte van gewapende roof en die besit van vermoedelik gesteelde goedere en vervalste note verskyn. Die Zimbabwiese verdagtes sal ook vir die oortreding van die immigrasiewet in die hof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief