Agterstallige skuld in Tshwane styg tot meer as R18 miljard

Lees ook :

GAUTENG. – Inwoners van die Tshwane-metro skuld nou meer as R18,3 miljard, ondanks die metro se skuldverligtingsprogram. Dit is volgens die departement van finansies se vierdekwartaal-verslag meer as R700 miljoen hoër as die vorige finansiële jaar.

Die VF Plus waarsku dat algemene skuldafskrywing ’n kultuur van nie-betaling bevorder, en sê swak finansiële bestuur laat vermeerder skuld en verswak dienslewering. Die party is ook bekommerd oor ’n 600%-styging in nuwe wanbetalings tussen 31 en 60 dae.

Tshwane se skuldverpligtinge het met R2,28 miljard toegeneem, met skuld aan Eskom wat met 43% gestyg het. Die VF Plus eis dringende fiskale dissipline en ’n einde aan politieke inmenging om ’n moontlike finansiële ineenstorting te voorkom.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits het die Stad Tshwane vir kommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief