Tweede vlugopnemer van Air India-vliegtuig gekry

Lees ook :

Tweede vlugopnemer van Air India vliegtuig gekry fotokrediet: X

AHMEDABAD, INDIЁ. – Die tweede vlugopnemer van die Air India-Boeing wat verlede week neergestort het, is gevind.

Lees ook: Dodetal in Air India-ramp styg steeds

Die stemopnemer wat alle klanke in die stuurkajuit opneem, insluitend die vlieëniers se gesprekke en alle alarms, is gevind. Die vlugopnemer wat al die inligting van die vliegtuig opneem, is reeds Vrydag gevind.

Hierdie opnemers kan ondersoekers help om uit te vind hoekom die Boeing 787 Dreamliner neergestort het kort nadat dit opgestyg het. Altesaam 241 mense is op die vliegtuig dood, met net een passasier wat oorleef het. Sowat 30 mense op die grond het in die ongeluk gesterf.

Indië se buro vir die ondersoek na vliegtuigongelukke lei die ondersoek oor die oorsaak van die ongeluk met hulp van spanne van die VK en VSA.

Bronne: BBC, The Independent, Evening Standard

Lees ook: Dodetal in Air India-ramp styg steeds

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief