Brekende Nuus
Afrikaans

AKA-moordsaak tot Mei uitgestel

Tebello (Tibz) Motsoane is na bewering in die spervuur van die “huurmoord” op AKA oorlede.

AKA-moordsaak uitgestel tot Mei

fotokrediet: Skermgreep
AKA-moordsaak uitgestel tot Mei fotokrediet: Skermgreep

Lees ook:AKA-moordverdagtes weer in hof vir borgaansoeke

DURBAN. – Die prokureur vir die beweerde baasbrein in die AKA-moordsaak het gister die inhegtenisneming van sakeman Mfundo Gcaba bevraagteken. Gcaba het glo betaal vir die moord op Kiernan (AKA) Forbes.

Tebello (Tibz) Motsoane is na bewering in die spervuur van die “huurmoord” op AKA oorlede.

Gcaba het R800 000 aan die beweerde baasbrein, Mziwethemba Gwabeni betaal. Gwabeni en Gcaba het gesê die geld was vir konsultasiewerk wat Gwabeni gedoen het.

Gwabeni se prokureur het toe gevra hoekom Gcaba nie in hegtenis geneem is vir die moord as hy daarvoor betaal het nie.

Die saak is uitgestel tot 2 Mei vir slotargumente in die borgaansoek.

Bronne: EWN, Jacaranda FM, ECR

Lees ook:AKA-moordverdagtes weer in hof vir borgaansoeke