Brekende Nuus
Afrikaans

AKA-verdagtes vandag weer in die hof

Nog twee verdagtes moet uit Eswatini uitgelewer word.

AKA-verdagtes vandag weer in die hof

fotokrediet: Facebook
AKA-verdagtes vandag weer in die hof fotokrediet: Facebook

Lees ook: Staat beweer prominente sakeman het AKA se ‘huurmoord’ betaal

DURBAN. – Die staat lewer vandag hulle slotargumente in die borgaansoeke van die verdagtes in die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane.

Forbes en Motsoane is verlede jaar dood na ’n beweerde huurmoord op Forbes uitgevoer is. Motsoane is glo in die spervuur dood.

Die vyf verdagtes word aangekla van moord, sameswering om moord te pleeg, poging tot moord, geldwassery en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Nog twee verdagtes moet van Eswatini uitgelewer word.

Die staat het verlede week aangevoer dit is nie in die belang van die vyf mans om op borg vrygelaat te word nie. Die ondersoekbeampte, Kumarasan Pillay, het in ’n beëdigde verklaring gesê hulle het ’n sterk saak teen die verdagtes.

Bronne: IOL, EWN, News365

Lees ook: Staat beweer prominente sakeman het AKA se ‘huurmoord’ betaal