Brekende Nuus
Afrikaans

AKA-verdagtes vandag weer in die hof

Van die verdagtes het gesê hulle families is gedreig.

AKA-verdagtes vandag weer in die hof

fotokrediet: Facebook
AKA-verdagtes vandag weer in die hof fotokrediet: Facebook

Lees ook: Saak teen AKA-verdagtes tot April uitgestel

DURBAN. –  Vyf van die verdagtes in die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane sal vandag in die Durbanse landdroshof verskyn.

Die verdagtes sal vandag om borg aansoek doen. Verskeie van die verdagtes het gesê hulle is deur die polisie aangerand en gedwing om skuld te erken. Hulle het ook beweer hulle families is gedreig.

Die verdagte wat glo die huurmoord op AKA gereël het, Mziwethemba Gwabeni, het in ’n beëdigde verklaring erken hy het R800 000 ontvang. Hy het gesê dit was vir wettige werk wat deur sy maatskappy gedoen is. Gwabeni het ook gesê van sy medebeskuldigdes het vir hom gewerk as veiligheidswagte en dis hoekom hy hulle betaal het.

Die staat sal na verwagting die borgaansoeke van die vyf mans teenstaan.

Bronne: SABC, Jacaranda FM, ECR

Lees ook: Saak teen AKA-verdagtes tot April uitgestel