Lees ook: AKA-verdagtes in Eswatini vandag weer in hof
ESWATINI. – Die saak teen verdagtes in die AKA-moordsaak is tot April uitgestel. Die Suid-Afrikaanse regering het die uitleweringsaansoek vir die AKA-moordverdagtes in Eswatini ingehandig. Dit is Maandag ontvang.
Siyabonga en Malusi Ndimande was Woensdag weer in die Manzini-landdroshof in Eswatini. Hulle word verbind aan die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane.
Die saak is tot 9 April uitgestel wanneer dit na verwagting beslis sal word of die polisie hulle selfone vir die ondersoek kan kry.
Bronne: The Citizen, Jacaranda FM, EWN





