Akteur Danny Masterson skuldig bevind aan verkragting

Lees ook :

Akteur Danny Masterson skuldig bevind van verkragting
Akteur Danny Masterson skuldig bevind van verkragting fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Vermiste Duitse bergklimmer se liggaam in Himalajas gevind

Die Amerikaanse That ‘70s Show-akteur, Danny Masterson, is skuldig bevind op twee van drie aanklagtes van verkragting. Die jurie kon nie ooreenkom op die derde aanklagte nie. Masterson kan ‘n vonnis van 30 jaar ontvang.

Drie vrouens, almal voormalige lede van die Church of Scientology, het die akteur beskuldig van seksuele aanranding by sy Hollywood-huis in 2001-2003. Die aanklaers het gesê Masterson het sy status as ‘n prominente Scientologist gebruik om verantwoordelikheid vir sy misdrywe te vermy. Aanklaers het ook gesê die Church of Scientology het hom die misdrwye help toesmeer, iets wat die organisasie ontken.

 Van die vrouens het gesê die kerk het hulle gedreig, probeer omkoop en het hulle stilgemaak.

Dit is tydens die hofsaak bevind Masterson het die vrouens bedwelm voor hy hulle verkrag het.

Bronne: BBC, Sky News, Jacaranda FM

Lees ook: Vermiste Duitse bergklimmer se liggaam in Himalajas gevind

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief