INTERNASIONAAL. – George Richard Chamberlain het Saterdag in die ouderdom van 90 aan komplikasies na ‘n beroerte gesterf. Hy het onder meer rolle in Dr. Killdare en Shogun vertolk en was veral bekend vir sy rol as vader Ralph in die TV-reeks The Thorn Birds.
Chamberlain het kort voor sy 91ste verjaardag in Waimanalo, Hawaii, gesterf.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]
Bronne: BBC, CBS News, Wikipedia





