Brekende Nuus
Afrikaans

Aktiviste in Venesië betoog teen Jeff Bezos-troue

Aktiviste in Venesië betoog teen Jeff Bezos troue

fotokrediet: X
Aktiviste in Venesië betoog teen Jeff Bezos troue fotokrediet: X

VENESIË. – Aktiviste in Venesië het begin met ’n reeks betogings teen die troue van Amazon-stigter, Jeff Bezos, met Lauren Sánchez, wat vir volgende week in die stad beplan word.

Lees ook: Deel van woonstelblok vernietig in Russiese aanval op Kijif

Honderde gaste word in Venesië vanaf 23 Junie tot 28 Junie vir die troue verwag, wat glo oor die hele eiland van San Giorgio gaan plaasvind.

Luidens Italiaanse media is byna elke luukse hotel en byna alle watertaxi’s vir die troue bespreek. Aktivis Federica Toninelli het gesê Venesië word behandel soos ’n “verhoog” en dat die troue ’n “simbool is van die uitbuiting van die stad deur buitelanders.” Sy sê Venesië is nou net ’n bate.

Die aktiviste het plakkate teen Bezos by die San Giorgio-basilika en die Rialto-brug aangebring. Hulle beoog om volgende week in die kanale te spring om die watertaxi’s te verhinder om die trougaste tot by die troulokaal te besorg.

Bronne: ABC News, BBC, TODAY

Lees ook: Deel van woonstelblok vernietig in Russiese aanval op Kijif