Aktrise van Beverly Hills 90210 en Charmed sterf

Lees ook :

Foto: Kase Upton Facebook

Shannen Doherty, die befaamde aktrise van die gewilde reeks Beverly Hills 90210 en Charmed het in die ouderdom van 53 gesterf.

Doherty is in 2015 met borskanker gediagnoseer, wat twee jaar later in remissie was. In 2020 het sy aangekondig die kanker, in stadium 4, is terug.

Junie 2023 het Doherty bekend gemaak die kanker het tot in haar brein versprei.

Tydens haar potgooi Let’s Be Clear with Shannen Doherty het sy haar ervaring met kanker gedeel. Die laaste episode is op 8 Julie gestroom.

Foto: Brendan Wallace Facebook-blad

Bronne: CNN, BBC en NBC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief