‘Al wat ek geweet het, is dat my kind dood is’

Lees ook :

Deur Conette le Roux vir LiG

34 jaar gelede het Annabelle Kotze met geheueverlies in die hospitaal wakker geword. Sy het slegs geweet dat haar baba gesterf het. Sy moes van vooraf haar geliefdes leer ken én leer wie sy self is …

“Ná twee weke in ’n koma maak ek my oë oop. Links van my hospitaalbed staan ’n man in ’n wit jas, en regs is een met blou oë. Die man met die blou oë vra: ‘Hallo? Weet jy wie ek is?’

“Ek skud my kop.

“Die man in die wit jas vra dieselfde.

“‘Nee, ek weet nie,’ antwoord ek. ‘Ek weet ook nie wat my naam is nie.’

“‘Wat weet jy?’ vra een van hulle.

“Ek antwoord: ‘My kind is dood.’

“Die mans kyk my verstom aan, maar ek weet nie waarom nie. Dit is tog wat ek weet …”

Dit mag dalk soos die openingstoneel van ’n aangrypende fliek klink, maar dit was Annabelle Kotze se werklikheid.

 Dis nou ongeveer 34 jaar sedert ’n 24-jarige Annabelle in die hospitaal wakker geword het, met totale geheueverlies.

 Sy bestempel daardie dag as ’n groot wit bladsy waarop klein geskryf staan: My kind is dood.

* Annabelle se getuienis verskyn ook in LiG Getuig, ons spesiale glanstydskrif vir Paasfees. Bestel dit vandag nog hier.

‘Haar laaste asempie …’

’n Bietjie meer as twee weke voor die vreemde gesprek met die twee mans het Annabelle geboorte geskenk aan haar en haar man Kosie se tweede dogtertjie, Carike. Die kleinding is kort voor haar geboorte met Pena-Shokeirsindroom gediagnoseer. Dit beteken dat sy ’n waterhofie gehad het, en dat dele van haar lyfie misvorm was, onder meer haar ore en heupe. Haar longe het ook nie ontwikkel nie.

Annabelle en Kosie het nie kans gesien vir ’n aborsie nie, al het die dokters dit aanbeveel. En hoewel klein Carike nie self kon asemhaal nie en van haar ma se suurstof afhanklik was, het Annabelle haar steeds ligweg voel skop. Maar uiteindelik was die pyn so erg dat ’n induksie gedoen moes word.

Annabelle dink terug aan daardie traumatiese dag: “Ek moes toe normaal geboorte gee; die epidurale verdowing was nie doeltreffend nie. En ’n sterwende baba werk nie goed saam met die geboorteproses nie. Die dokter moes haar behoorlik uit my trek, en in dié proses het haar gesiggie ook seergekry.

“Ek het die dokter gesmeek om haar nie op my neer te lê nie; ek was nie seker hoe ek dit sou hanteer nie. Maar hy hét dit toe gedoen, en sy het op my maag gesterf. Ek het toegekyk hoe sy haar laaste asempie uitblaas.”

Annabelle onthou hoe die dokter gesê het dat die nageboorte abnormaal groot is, geïnfekteer en bros.

Stuiptrekkings

Ná twee dae in die hospitaal is Annabelle ontslaan, hoewel sy baie siek gevoel het. Sy vertel: “Ek kon letterlik nie my kop oplig nie. Ek kon nie in helder lig kyk nie. Ek het bittere pyn verduur.”

Intussen moes Kosie hul baba se geboorte én dood op een dag registreer.  

LEES OOK: Boervrou getuig te midde van droogte, kanker: ‘Jy leer kinderlik glo wanneer die uitsigloosheid jou baasraak’

Een nag, dit was net twee dae later, het Kosie agtergekom dat Annabelle nie meer langs hom in die bed is nie. Hy het opgestaan en gaan soek en haar, stuiptrekkend, op die sitkamerbank aangetref.

Annabelle is in ’n ambulans gelaai en hulle het hospitaal toe gejaag. Sy is met breinvlies- en harsingontsteking (oftewel meningitis en enkefalitis)  gediagnoseer.

Sy verduidelik: “Dit kom kortweg neer op die vergiftiging en infeksie van die membraan om die brein.” Later het die dokters vasgestel dat die vergiftiging die gevolg was van ’n EBP (“epidural blood patch”) wat die dokter tydens die bevalling op Annabelle uitgevoer het.

 Terwyl Annabelle nog in ’n koma was, is Carike veras. Behalwe dat sy nie van haar dogtertjie kon afskeid neem nie, moes sy later ook verneem dat haar man en ouers drie keer gebel is om haar te kom groet …

Hallusinasies en vreemdelinge

Annabelle is uit die kake van die dood gered. Daar het egter ’n baie moeilike pad voorgelê. 

LEES DIE VOLLE ARTIKEL GRATIS HIER.


LiG is meer as net ’n tydskrif

God is voortdurend besig om die mooiste stories van hoop te skryf – jóú ondersteuning help ons om dit te deel. Hoe meer ondersteuning ons kry, hoe groter kan ons getuienisvoetspoor en impak wees. As jou inspirasievennoot bied ons Christelike inhoud en getuienisse vir elke tree van jou geloofreis. 

Jou donasie help ons om meer getuienisse te vertel en dit meer toeganklik te maak. Sodoende kan ons lig bring daar waar donkerte en moedeloosheid is.

Word deel van die getuienis – hier kan jy LiG vandag ondersteun.


Nuusflits publiseer advertensies en geborgde inhoud vir bemarkingsdoeleindes. Die sienings en aansprake wat in advertensies geuiter word, weerspieël nie die standpunte van Nuusflits, sy redaksie, of enige van sy affiliasies nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief