Brekende Nuus
Afrikaans

Almonré Roman amper vyf mnde. weg nadat hy glo ontvoer is

"Ons lewens staan botstil."

Almonré Roman
Foto: Verskaf

Almonré Antovian Ashley Roman (18) van Despatch is sedert Maandag 5 November weg, nadat hy eers as vermis aangemeld is,. Sy ouers sê die saak is intussen na ontvoering verander.

Sy ouers het nog nie opgegee om na hom te soek nie. Hulle is bekommerd en ontroosbaaar omdat hulle seun nog nie gevind is nie.

“Ons lewens staan botstil en ons kan nie verstaan hoe die ander mense wat nou wegraak so vinnig gekry word, maar ons seun is nog nie gekry nie.”

Hulle vra dat almal op die uitkyk moet wees vir hom en hulle of die polisie onverwyld moet laat weet indien hy iewers gesien word.

Hy is vir die laaste keer net voor 11:00 op ‘n CCTV-kamera-opname gesien is waar hy oor sy selfoon met iemand gepraat het.

Hy was geklee in ‘n roomkleurige polonektop met ‘n swart baadjie, en blou denimbroek.

Hy is ongeveer 1.6 m lank en weeg ongeveer 49 kg.

Almonré, wie se bynaam Paya is, sou iemand by die PicknPay op Despatch ontmoet. Volgens Almonré se pa het hy ‘n beurs ontvang om van volgende jaar af by “Stageworld” as akteur te gaan studeer.

Hy het sy ouers die Sondag vir taxigeld gevra om ‘n persoon op Uitenhage te ontmoet wat draaiboeke aan hom sou gee. Hulle het blykbaar voorheen saamgewerk.

Sy tannie, by wie hy gebly het, het die Maandagoggend Almonré se ouers gebel en gesê hy is kwaad omdat hy verslaap het en die man, wie se naam hulle nie ken nie, wat hy sou ontmoet, het hom gebel en gesê hy wag vir hom.

Om 10:30 het sy tannie hom toe by die PicknPay afgelaai waarna hy lugtyd op sy foon gesit en oproepe gemaak het. Om 10:59 het ‘n wit VW Kombi hom opgelaai en in die rigting van die plaaslike SPAR gery. Dit het ‘n U-draai gemaak en weer in die rigting vanwaar hulle gekom het, gery.

Almonré is nog nie weer daarna gesien nie. Toe sy ouers die man bel en uitvra oor Almonré, het hy reageer deur te sê dat hy nie kennis van hom dra nie, want hulle het glo lanklaas gepraat. Almonré se ouers het toe vir hom die kamera-opname gestuur waarna hy gesê het hy het hom opgelaai, maar ook weer afgelaai.

Indien enigiemand weet waar Almonré hom bevind, kan hulle met kol. Swanepoel, die ondersoekbeampte van die Valke, in kontak kom by 082 319 8712.

Lees ook: