ROODEPAN, NOORD-KAAP. – Roodepan-speurders het Woensdag altesaam 10 beweerde gesoekte misdadigers vir verskeie klagtes opgespoor en in hegtenis geneem.
Sers. Timothy Sam sê die speurders onder leiding van lt.kol. Christopher Mashodi het die suksesvolle inhegtenisnemings uitgevoer.
Die verdagtes, wat die polisie ontwyk het omdat hulle nie hulle hofdatums vir verskyning nagekom het nie, het klagtes van onder meer opsetlike saakbeskadiging, aanranding, roof, diefstal en die oortreding van ‘n hofbevel teen hulle. Hulle is by hul onderskeie blyplekke in Roodepan vasgetrek.
Hulle sal vandag in die Kimberley-landdroshof verskyn.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: