OOS-KAAP. – Altesaam 11 persone het onlangs in twee ongelukke in die Oos-Kaap gesterf.
Die departement van vervoer in die provinsie sê beide die ongelukke het gebeur toe voertuie mekaar reg van voor getref het.
In die eerste ongeluk op die R67-pad tussen Fort Beaufort en Seymour het sewe persone gesterf. Nog vyf persone het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen. Twee voertuie het mekaar reg van voor getref. Al vyf insittendes van ‘n Polo Vivo het gesterf, asook ‘n man en ‘n vrou in ‘n Avanza. Beseerde insittendes is na ‘n hospitaal vervoer. ‘n Saak van strafbare manslag is volgens roetine geopen, alhoewel beide bestuurders oorlede is.
In die tweede ongeluk het vier persone gesterf toe ‘n bakkie en ‘n Avanza op die R346 buite Qonce onderweg na Stutterheim reg van voor teen mekaar gebots het. Twee volwassenes en twee kinders in die Avanza het gesterf.
Foto’s van eerste ongelukstoneel:


Foto’s van die tweede ongelukstoneel:







