Altesaam 17 968 vermiste persone met families herenig

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Die polisie het die afgelope vyf jaar landswyd altesaam 17 968 vermiste persone – 15 005 volwassenes en 2 963 kinders onder die ouderdom van 18 jaar – met hul families herenig. Van die kinders was 1 919 meisies en 967 seuns.

Brig. Athlenda Mathe sê 3 099 liggame is deur polisieduikers uit waterbronne, wat riviere en damme insluit, gehaal. Buiten al dié persone wat verdrink het, is 2 577 individue van waterbronne gered. Daar word weereens herinner daar is geen wagperiode verbonde daaraan om ‘n geliefde as vermis aan te meld nie. Indien jy vermoed vriende of familie is vermis, moet jy dit so gou as moontlik by die naaste polisiestasie aanmeld. Gee daarmee saam ‘n onlangse foto van die vermiste persoon, asook ‘n beskrywing van die kledingstukke waarin die vermiste persoon laas geklee was.

Mathe sê voorts ‘n multidissiplinêre span, wat ervare speurders, misdaad- en teen-intelligensiebeamptes, Valke, K9 se soek-en-redding, asook kubermisdaadeenheidsbeamptes en die duikeenheid indien nodig, insluit, word tydens die ondersoek na ‘n vermiste persoon aangewys.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief