Altesaam 27 verdagtes op borg, nadat nóg 13 verkeersbeamptes vasgetrek is

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA – Die polisie in Mpumalanga het nog 13 verkeersbeamptes gearresteer. Dit volg nadat 14 toetsbeamptes en bestuurskooleienaars voorheen op aanklagte van korrupsie, bedrog en oortreding van die nasionale padverkeerswet vasgetrek is.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder vir die Valke, sê die operasie het Dinsdag voortgeduur. Al 27 beskuldigdes is Maandag en Dinsdag deur verskillende landdroshowe op borg vrygelaat.

Momo Beauty Mathebula (30), Roandey Mazuzu Mkhonto (49), en Jackson Mokoena (42) is in Sabie gearresteer en is elk op R5 000 vrygelaat. Die saak is vir verdere ondersoek tot 8 November uitgestel.

Lucky Nhlahla Shabangu (45), Reneilwe Linah Phala (45), Seth Moleseng Mashile (55) en Patracia Pretty Sekome (36) is in Lydenburg in hegtenis geneem. Hulle is elkeen op R5 000 borg vrygelaat. Die saak is tot 6 November uitgestel.

Eric Mawelele (57) en Bheki John Mamba (59) is in Graskop gearresteer en is elk op R10 000 borg vrygelaat. Die saak is tot 18 November uitgestel.

Abram Mashiane (43), Tshepo Skhosana (48), Abram Mahlangu (43) en Sarah Ndala (59) is in Verena aangekeer.

Neo Lawrence Mofube (32) is in Charl Cilliers gearresteer en is op R1 000 borg vrygelaat. Sy saak is tot 22 Oktober uitgestel.

David Kenneth Twala (49) is by Kabokweni-verkeersdepartement in hegtenis geneem. Hy is op borg van R5 000 vrygelaat en sy saak is tot 21 Oktober uitgestel.

Rodney Plus Nkuna (33) is in Hazyview gearresteer en op borg van R2 500 vrygelaat. Die saak is tot 24 Okotober uitgestel.

Sboniso Nkosi (38) en Bhekifa  Mfankomo (51) is in Nelspruit gearresteer. Beide is op R1 500 borg elk, vrygelaat. Die saak is tot 21 Oktober uitgestel.

August Veronica Nkambule (47) is in Malelane gearresteer en is op R3 000 borg vrygelaat. Die saak is tot 22 November uitgestel.

Mkhonto (40) en Eleck`s Ngwamba (52) is in Witrivier gearresteer en elkeen op R2 500 borg vrygelaat. Hulle saak is tot 24 Oktober uitgestel.

Sylvester Goodman Hlaka (49) en Joseph Koos Mathebula (55) is in Kanyamazane gearresteer. Hulle is elkeen op R10 000 borg vrygelaat. Die saak is tot 23 November uitgestel.

Nomzamo Duba (39), S Mngwenya (29) , Ntimane RN (41) en SS Makamo (64) is in Calcutta gearresteer en is op R5 000 elk borg vrygelaat. Die saak is tot 14 November uitgestel.

Die mulitdissiplinêre spanne wat die operasie suksesvol afgehandel en verdagtes gearresteer het, is deur die hoof van die Valke in die provinsie en die padvekeersbestuurskorporasie vir hulle werk geprys. Die publiek word gemaan om nie omkoopgeld te betaal om onwettige lisensies te bekom nie. Ondersoeke sal voortduur en korrupte beamptes sowel as die publiek wat die omkoopgeld betaal, sal gearresteer word.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Altesaam 14 verdagtes is Maandag in Sabie, Graskop, Lydenburg en Verena in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, korrupsie en die oortreding van die nasionale padverkeerswet.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder vir die Valke, het bevestig dat die verdagtes, tussen die ouderdom van 34 en 59, tydens ‘n gesamentlike intelligensie-operasie vasgetrek is.

Die operasie spruit uit ‘n ondersoekprojek, genaamd Kwanele, wat in 2021 deur Misdaadintelligensie geregistreer is. Sekgotodi verduidelik: “Korrupte amptenare en bestuurskooloperateurs het bestuurderslisensies uitgereik sonder dat enige behoorlike toetse gedoen is, in ruil vir groot bedrae geld.”

Sekgotodi sê ‘n lasbrief vir inhegtenisneming is uitgereik en Maandag gelyktydig by verskeie toetsstasies uitgevoer.

“Die verdagtes is gearresteer, sommige is aangekla en vir eerste keer hof toe geneem, terwyl ander in aanhouding is en Dinsdag in die hof verskyn.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App