Lees ook: Minstens vyf mense oorlede na swaar reën in KwaZulu-Natal
GAUTENG. – Altesaam 41 kinders moes die week by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal behandel word na hulle vermoedelik rotgif by die skool ingekry het.
Die kinders, tussen drie en vyf, het vermoedelik die gif met lekkergoed verwar. Hulle is almal intussen ontslaan en die voorval word ondersoek.
Die Gautengse departement van gesondheid het hulle kommer uitgespreek, want nog tien persone – twee volwassenes en agt kinders – is ook die week in die hospitaal met voedselvergiftiging opgeneem.
Altesaam 863 persone is sedert Oktober 2023 in hospitale opgeneem vir voedselverwante probleme, van wie 11 oorlede is.
Bronne: eNCA, The Citizen, Women and Home
Lees ook: Minstens vyf mense oorlede na swaar reën in KwaZulu-Natal





