NOORD-KAAP. – Altesam 71 verdagtes is Dinsdag in die Kimberley-area tydens ‘n polisie-operasie op aanklagte van onwettige myn in hegtenis geneem.
Sers. Molefi Shemane sê die operasie is deur die polisie en weermag in brandpunte waar onwettige myn in die Frances Baard-distrik plaasvind, uitgevoer. In een van die areas is ‘n groep mense wat op Karee Boom-plaas naby Kimberley grawe, opgemerk. Hulle het nie permitte gehad nie en was nie toegang tot die plaas deur die eienaar gegee nie.
Die groep verdagtes, waarvan vier vroue en die res mans, is op aanklagte van onwettige myn en betreding in hegtenis geneem. Hulle ouderdomme wissel tussen 20 en 63. Beslagleggings is op toerusting gemaak wat ‘n blou VW Polo en ‘n fiets insluit.





