Gauteng. – Die vyf maande oue Thandeka Nyamane is sedert Saterdag in die Moot van Pretoria vermis.
Volgens die polisie se webtuiste vir vermiste persone het die ma van die baba haar slapende kind gelos en is na die bure. Toe sy terugkeer, was die baba nêrens te vinde nie. Die baba het ‘n pienk babapakkie aangehad.
Enigiemand met inligting oor waar die baba is, kan sers. Sithole van die Moot-polisiekantoor by 012-3313603 of 012-3313598 bel.






