GAUTENG. – Kutloano Shalaba (2) is glo Woensdag, omstreeks 16:30, deur drie mans in ‘n silwerkleurige VW Polo in Boipatong ontvoer. Die polisie het ‘n Amber Alert uitgereik.

Volens die polisie sê die kleuterseun se ma hy is in Batloungstraat, in Sedibeng, deur die verdagtes van haar rug af geruk, waarna daar met hom in die verdagte voertuig weggejaag is. Kutloano is daarna deur sy ouers as vermis aangemeld.
Hulp word gevra om die kleuter wat in ‘n bruin broek, wit hemp en swart seilskoene geklee was, op te spoor.
Enigiemand met relevante inligting kan kapt. Mokgoto by 082 778 7937, of sers. Thembeka Maxambela by 079 695 1338 bel terwyl die ondersoek aan die gang is.





