Amber Alert vir vermiste kleuter uitgereik

Lees ook :

Foto's: Facebook Amber Alert en SAPD

NOORDWES. – Agang Setuke (2) is sedert Donderdag 18 April omstreeks 07:30 van haar huis in Thetele-seksie, Mothutlong, waar sy glo alleen gelaat was, vermis. ‘n Amber Alert, ‘n nooddiensreaksiestelsel wat inligting oor vermiste persone, gewoonlik kinders, elektronies versprei, is vir haar op sosiale media uitgereik.

Lt.kol. Amanda Funani sê die kind se ma het die ouer dogter skool toe geneem en toe sy tuiskom, slegs die kleinding se kombers en kos wat sy vir haar voorberei het, gevind. Sy het gedink haar kind is na haar suster wat nie ver vandaar bly nie. Toe die ouer kind van die skool af kom, is sy gestuur om by haar tannie se huis te gaan kyk. Die kind was egter nie daar nie en die ma het haar as vermis by Mothutlong-polisiestasie aangemeld.

‘n Soektog is sedertdien sonder sukses geloods. Die kind, wat donker van gelaat is, was in ‘n swart sweetpakbroek, ‘n pienk langmouhemp en wit trui, sonder skoene, geklee.

Enigiemand wat weet waar die kind haar bevind, kan AO Lillian Setshedi by 076 061 8175 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief