Lees ook: eThekwini-munisipaliteit gaan mummie van Egiptiese hoëpriester terugstuur
SOUTH CAROLINA, VSA. – ’n Oseaanverkenningsmaatskappy het Saterdag aangekondig hulle het moontlik Amelia Earhart se verlore vliegtuig gekry.
Deep Sea Vision se stigter, Tony Romeo, het gesê hulle het sonarfoto’s van ’n vliegtuig geneem tussen Australië en Hawaii naby Howland Island waar Earhart 90 jaar gelede sou stop om brandstof in te neem.
Romeo het gesê die vliegtuig lyk soos ‘n Lockheed Electra, dieselfde vliegtuig waarin Earhart verdwyn het. Hy het gesê sy span gaan vanjaar die gebied waar die foto’s geneem is, verken.
Amelia Earhart was die eerste vroulike vlieënier wat in 1931 oor die Atlantiese oseaan gevlieg het. Ses jaar later het sy beplan om ’n vlug rondom die wêreld aan te pak, maar sy en haar navigeerder het spoorloos tydens die tog verdwyn.
Bronne: Mirror, CBS News, NPR, The Guardian
Lees ook: eThekwini-munisipaliteit gaan mummie van Egiptiese hoëpriester terugstuur





