Lees ook: Trump stel tariewe vir Mexico en Kanada uit na ooreenkoms met lande
Die Amerikaanse president Donald Trump het verlede week ‘n bevel geteken om Amerikaanse befondsing van HIV-programme in verskeie lande, insluitend Suid-Afrika, te stop.
Die VSA-sekretaris, Marco Rubio, het die week ‘n tydelike kwytskelding geteken om bestaande “lewensreddende humanitêre programme wat antiretrovirale behandeling voorsien” steeds in 55 lande te befonds.
Gesondheidsminister Aaron Motsoaledi het gesê 5.5 miljoen Suid-Afrikaners gebruik tans antiretrovirale medikasie. Dit is meer mense as in die ander lande.
Daar is steeds kommer dat die befondsing weer gestop sal word en ‘n moontlike toename in nuwe gevalle van HIV en ‘n styging in die dodetal weens die siekte kan veroorsaak.
Bronne: The Citizen, BusinessLIVE, IOL
Lees ook: Trump stel tariewe vir Mexico en Kanada uit na ooreenkoms met lande