Lees ook: Trump stel tariewe in teen Kanada, China en Mexico – besluit gekritiseer
Die Amerikaanse president Donald Trump het die tariefheffing op goedere vanaf Mexico en Kanada uitgestel na ‘n ooreenkoms met die lande bereik is om weermagtroepe na die grens te stuur. 10 000 troepe van elke land is na die grens met die VSA gestuur om ongewenste immigrante en dwelms van toegang te keer.
Die VSA sal saam met Mexico werk om te keer dat vuurwapens by Mexico ingesmokkel word.
Kanada en Mexico het ‘n verlenging van 30 dae gekry voor die tariewe van krag sal word.
Die tariewe vir China sal steeds vandag ingestel word. China het beloof om vanaf 10 Februarie tariewe op Amerikaanse goedere te hef.
Bronne: Metro, USA Today, NBC News
Lees ook: Trump stel tariewe in teen Kanada, China en Mexico – besluit gekritiseer