Amerikaanse hooggeregshof beslis oor TikTok, Biden sê dis Trump se besluit

Lees ook :

Amerikaanse hooggeregshof beslis oor TikTok, Biden sê dis Trump se besluit fotokrediet: Canva

Lees ook: TikTok kan steeds in VSA verban word

VSA. – Die Amerikaanse hooggeregshof het beslis die verbod op die TikTok-toep sal in plek bly. TikTok sal Sondag verban word na ’n wet ingestel is dat die toep aan Amerikaners verkoop moet word of verban word.

Biden het in ’n toespraak gesê hy sal die besluit om die wet in te stel vir Donald Trump los, wat Maandag ingesweer word.

TikTok het gesê dit sal Sondag toegang tot die toep vir Amerikaanse gebruikers sluit, tensy Biden se administrasie dit duidelik maak hulle sal gestraf word as hulle die terme van die verbod oortree.

Trump het voorheen gesê hy sal nie die toep verban nie.

Bronne: CNN, Sky News, The New York Times

Lees ook: TikTok kan steeds in VSA verban word

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief