Lees ook: VSA kan dalk TikTok verban
TikTok kan steeds in die VSA verban word na die Amerikaanse hooggeregshof die maatskappy se aansoek om die verbod van die toep te vertraag, afgekeur het.
ByteDance, die maatskappy wat TikTok besit, is beveel om die toep te verkoop of dit sal op 19 Januarie verban word. Die maatskappy het gesê om die toep te verban, oortree die Amerikaanse grondwet.
As die toep Sondag verban word, sal nuwe gebruikers dit nie meer kan aflaai nie en ou gebruikers sal mettertyd nie meer die toep kan gebruik nie.
Donald Trump word 20 Januarie as die nuwe Amerikaanse president ingesweer en het ook gevra die sperdatum moet uitgestel word sodat sy administrasie “die geleentheid het om ’n politieke oplossing vir die probleme in die saak te vind”.
Bronne: USA Today, East Bay Times, CNN
Lees ook: VSA kan dalk TikTok verban





