Amerikaanse oudsoldaat was verantwoordelik vir New Orleans-aanval

Lees ook :

Amerikaanse oudsoldaat was verantwoordelik vir New Orleans aanval fotokrediet: Canva

Lees ook: Man val skare aan op Nuwejaarsdag, minstens 10 dood

NEW ORLEANS, VSA. – ’n Amerikaanse oudsoldaat van Texas was verantwoordelik vir die aanval in New Orleans waarin 14 mense op Nuwejaarsdag oorlede is.

Shamsud-Din Jabbar (42) het op Nuwejaarsdag met ’n SUV in ’n skare ingeploeg en toe op mense begin skiet voor hy deur die polisie doodgeskiet is. Jabbar het vyf video’s op Facebook geplaas voor die aanvalle waarin hy gesê het hy ondersteun die Islamitiese Staat-groep.

In die eerste video het hy gesê hy was voorheen van plan om sy familie en vriende aan te val, maar het nie gedink die media sal fokus op die “oorlog tussen dié wat glo en dié wat nie glo nie”.

Jabbar het in die ander video’s gesê hy is van verlede jaar deel van die Islamitiese Staat en het sy testament in die video’s gegee. Die FBI het dit ’n terreuraanval genoem.

Bronne: Channel News Asia, ABC News, NBC News

Lees ook: Man val skare aan op Nuwejaarsdag, minstens 10 dood

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief