Lees ook: Besluit oor Zandile Mafe se verhoor uitgestel
KAAPSTAD. – ’n Amerikaanse toeris is Vrydag in die gesig geskiet na hy beroof is op dieselfde dag dat hy in Kaapstad geland het.
Die toeris (55) was in die land om vriende te besoek. Hy het van die vliegtuig afgeklim, sy dollars vir rande geruil, ’n motor gehuur en sy GPS-toep aangesit. Hy was glo op pad na Simonstad, maar die toep het hom na Nyanga geneem.
Hy is in sy voertuig in die gesig geskiet en van sy persoonlike besittings, dokumente en klere beroof. Hy sterk tans in die hospitaal aan.
Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord en roof met ’n vuurwapen.
Bronne: The Citizen, News24, Daily Mail





