VSA. – Die sending om die gestrande ruimtevaarders, Butch Wilmore en Suni Williams, terug te bring Aarde toe, is deur SpaceX uitgestel.
Lees ook: Ruimtevaarders keer die week terug Aarde toe na maande in ruimte
Die ruimtevaarders wat Wilmore en Williams moes vervang, sou gister gelanseer word, maar ‘n probleem met ‘n hidrouliese stelsel het begin ure voor die begin van die sending.
‘n Uur voor hulle sou opstyg, het SpaceX en Nasa besluit om die lansering uit te stel. SpaceX het nog nie ‘n nuwe datum bevestig nie, maar sal vanaand met Nasa vergader om ‘n nuwe datum te bespreek.
Bronne: DW – South Africa, Daily Mail, ABC News
Lees ook: Ruimtevaarders keer die week terug Aarde toe na maande in ruimte