Amerikaanse wetmakers stel Epstein se ‘verjaardagboek’ vry

Lees ook :

Amerikaanse wetmakers stel Epstein ‘verjaarsdagboek’ vry fotokrediet: X

VSA. – Amerikaanse wetmakers het ’n kopie van Jeffrey Epstein se “verjaardagboek” wat in 2003 deur Ghislaine Maxwell opgestel is, vrygestel.

Lees ook: VSA- huisoorsigkomitee dagvaar vir Jeffrey Epstein se ‘verjaardagboek’

Die boek, met ’n nota wat na bewering deur Donald Trump geskryf is, is vrygestel met nog dokumente, wat Epstein se testament en persoonlike adresboek insluit. Die boek en dokumente is vrygestel nadat die prokureurs vir Epstein se boedel deur die VSA se huis van verteenwoordigers gedagvaar is.

Saam met die nota wat na bewering van Trump afkomstig is (die Withuis het ontken dat Trump dit geskryf het), is ’n nota van Bill Clinton wat Epstein se “kinderlike nuuskierigheid” noem. Daar is ook ’n boodskap van Lord Peter Mandelson, die Britse ambassadeur aan die VSA waarin hy Epstein sy “beste pel” noem.

Prins Andrew word ook in die boek genoem met ’n nota van ’n onbekende vrou wat sê sy het Andrew, Clinton en Trump deur Epstein ontmoet en dat sy “op die koningin van Engeland se troon gesit het”.

Bronne: BBC, USA Today, CNN

Lees ook: VSA- huisoorsigkomitee dagvaar vir Jeffrey Epstein se ‘verjaardagboek’

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief