GAUTENG. – Premier Panyaza Lesufi het die aanval op vyf Gauteng-verkeersbeamptes in Daveyton, Ekurhuleni, sterk veroordeel nadat daar vroeg Sondagoggend tydens roetinepatrollie op hulle geskiet is en al vyf gewond is.
Volgens die provinsiale regering het die span verkeersbeamptes by Daveyton-treinstasie onder skoot gekom toe hulle ’n groep van sowat 12 mense wou deursoek. Die verdagtes het glo met ’n AK-47-geweer en ’n pistool op die beamptes losgebrand. Vyf verkeersbeamptes, twee vroue en drie mans, is beseer en ontvang tans mediese behandeling in ’n hospitaal. Die polisie het ’n saak van poging tot moord geopen en ondersoeke duur voort.
“Hierdie daad van geweld toon ’n blatante minagting van die regstaat. Ons sal nie toelaat dat intimidasie of inmenging die werk van ons beamptes kniehalter nie,” het Lesufi gesê. Hy het die beamptes geprys vir hul moed en toewyding en sy meegevoel aan hul families oorgedra.
Lesufi het Maandagoggend 8 September die verkeersbeamptes in Alberton Netcare-hospitaal besoek om sy ondersteuning namens die Gautengse regering oor te dra.
Lees meer hier onder:






